Die mooiste sprokies van Grimm [The Best Fairy Tales of Grimm]

  • by Marita Van der Vyver
  • Narrated by Susanne Beyers
  • 7 hrs and 29 mins
  • Unabridged Audiobook

Publisher's Summary

Veelsydige skrywer Marita van der Vyver maak hierin ’n keur van haar mooiste Grimm sprokies – self uit Duits vertaal. Bekende sprokies is Rooikappie, Die wolf en sewe bokkies, Die musikante van Bremen, Klein Duimpie, die Paddaprins, Hansie en Grietjie, Raponsie, Sneeuwitjie, en vele bekende en minder bekende sprokies. Daar is veertig sprokies in die bundel opgeneem. Dit word voorgelees deur drie uitmuntende stemkunstenaars: Susanne Beyers, Roeline Daneel en Deirdre Wolhuter.
Please note: This audiobook is in Afrikaans.

More

See More Like This

Customer Reviews

Most Helpful

Briljant geskryf en vermaaklik vertel

[As this is an Afrikaans collection of some of the Brothers Grimm's fairy tales, I shall write the review in Afrikaans followed by an English translation]

Die Mooiste Sprokies van Grimm is 'n keur deur Marita van der Vyver, bekende Afrikaanse skrywer, uit die Grimm-broers se skatkis. Sy het nie net van die mooiste stories gekies nie, maar hulle in lekkerluister Afrikaans aangetrek, sonder om hulle oorspronklike strekking te skaad.

Ek het lekker geluister en beveel die boek ten sterkste aan. Die produksie is nie net van hoogstaande gehalte nie, die voorlesers Susanne Beyers, Roeline Daneel en Deirdre Wolhuter bring die sprankel in die stories besonder goed na vore.

Uiteindelik is daar goeie Afrikaanse luisterboeke op Audible beskikbaar. Ek hoop hulle word net meer en meer.

[Die Most beautiful Stories of Grimm is a choice from the Grimm-brothers treasure trove by Marita van der Vyver, a well-known Afrikaans writer. She didn't only choose the most beautiful stories, she also clothed them in Afrikaans that is very enjoyable to listen to. This she did without changing the original spirit of the stories.

I enjoyed listening to this book and I heartily recommend it. The production is of a very high quality. The interpretative readers, Susanne Beyers, Roeline Daneel en Deirdre Wolhuter, brings the stories' sparkle very effectively to the front.

At long last! Now there is some excellent Afrikaans audio books available on Audible. I hope it will increase significantly.]
Read full review

- Jacobus

Book Details

  • Release Date: 03-21-2013
  • Publisher: Human & Rousseau